.png)




Soms verander alles nie wanneer jou omstandighede verander nie...
Soms verander alles wanneer jou perspektief verander.
Ek help vroue en meisies om hul identiteit te herontdek, hul waarde raak te sien en met nuwe geloof, hoop en selfvertroue vorentoe te beweeg.
Want wanneer 'n vrou onthou wie sy is, verander sy nie net haar eie lewe nie, sy verander generasies.
Kom geniet Vrouemaand
in Augustus met ons in Pretoria!

Verander jou denke. Herontdek jou identiteit.
Leef voluit.
Ontmoet Magda Calitz
Spreker | Vrouebemagtiger | Stigter van Maak 'n Kopskuif
Jou vennoot in persoonlike groei en transformasie
Hallo, ek is Magda
Spreker | Vrouebemagtiger | Stigter van Maak 'n Kopskuif
Ek glo elke vrou dra ongelooflike waarde.
Maar soms raak die lewe besig.
Ons dra baie verantwoordelikhede.
Ons probeer sterk wees vir almal rondom ons.
En soms vergeet ons vir 'n oomblik wie ons werklik is.
My hart is om vroue te help om weer hul waarde, identiteit en doel raak te sien.
Deur inspirerende praatjies, eerlike stories en praktiese boodskappe skep ek ruimtes waar vroue weer hoop kry, perspektief ontdek en met nuwe moed vorentoe beweeg.

Vir wie is Maak 'n Kopskuif?
Ek bring 'n boodskap van identiteit, hoop en transformasie na:
-
Vroue-oggende
-
Dameskonferensies
-
Kerkvrouebedienings
-
Vrouekampe
-
Vrouedaggeleenthede
-
Ma & Dogter-geleenthede
-
Jeugmeisie-byeenkomste
-
Hoërskole
-
Kerke
-
Spesiale vrouegeleenthede
-
Organisasies
Elke praatjie word aangepas volgens julle gehoor, tema en behoefte.
Meer as net 'n praatjie.
My doel is nie net om vroue vir 'n oomblik geïnspireerd te laat voel nie.
My doel is dat hulle wegstap met iets wat bly.
- 'n Nuwe manier van dink.
- 'n Vars perspektief.
- Nuwe hoop.
- 'n Dieper besef van hul waarde.
Vroue stap weg met:
✓ Nuwe hoop vir hul huidige seisoen
✓ 'n Vars perspektief op hul identiteit
✓ Meer selfvertroue
✓ Praktiese bemoediging vir die alledaagse lewe
✓ Hernude geloof en moed




Die hart agter Maak 'n Kopskuif
Skuif Jou Kroon Reg
%20%20(1500%20x%20500%20px)%20banner%20(1)_ed.jpg)
Ek glo elke vrou dra 'n kroon.
Nie omdat sy perfek is nie.
Nie omdat sy alles uitgesorteer het nie.
Maar omdat sy waardevol geskep is.
Partykeer raak ons net so besig om sterk te wees vir almal anders, dat ons vergeet om te onthou wie ons self is.
Dit is waar Skuif Jou Kroon Reg begin.
Om vroue te help om hul identiteit te herontdek.
Om hul waarde raak te sien.
Om hul plek met geloof, moed en selfvertroue in te neem.

Wat vroue sê
⭐⭐⭐⭐⭐
Ek was bevoorreg om deel te kon wees van Kopskuif. Glo my, as jy hierdie jaar nog niks vir jouself gedoen het nie, dan is die tyd nou reg.
My denke is verander, my negatiwiteit, my wil om elkedag aan te pak. Hierdie events is beter as om 'n Spa behandeling vir jou liggaam te kry. Jou siel, gees en wese in totaal gaan weer sinmaak!
Dankie Magda, vir jou insae en deel van kennis in my lewe. Kom dames, manne spandeer bietjie tyd aan jou eie mens opbou!
Jy verdien dit!
- Nicky Feast
⭐⭐⭐⭐⭐
Baie dankie vir die kragtige en inspirerende event.
Magda is ontsettend kundig op die gebied en het tyd geneem om konsepte uit te lig op maniere wat maklik verstaanbaar is.
Ek kan nie wag vr di volgende Kopskuif nie!!!
- Suzanne
van der Merwe
⭐⭐⭐⭐⭐
Dit was 'n ongelooflike ervaring wat ek vir altyd sal koester.
Magda het met soveel insig, deernis en eerlikheid gepraat, en haar woorde het 'n diep impak op my menswees gehaad. Dit het my nie net gehelp om my perspektief te skuif nie, maar my ook toegerus met praktiese maniere om anders te dink oor die lewe, uitdagings en hoe ek myself sien.
Dit het my laat besef hoe kragtig en bevrydend dit is om jou denke te vernuwe en jou fokus te verander.
Ek beveel dit wat Magda doen, met my hele hart aan. Kopskuif is presies wat die naam se, dit help jou om jou kop reg te skuif, en in daardie proses verander jou hele menswees ook.
Baie dankie Magda, vir jou stem, jou wysheid en jou hart. Dit was 'n blessing!!!
- Chanè
Gereed om jul vroue
te bemoedig?
Of dit 'n vroue-oggend, konferensie, kamp, kerkgeleentheid of skoolbyeenkoms is...
Dit sal vir my 'n voorreg wees om deel te wees van julle dag!


