Praatjie • Werkswinkel
Maak ’n Kopskuif
Gedagtewêreld • Denkwyse • Persoonlike groei • Praktiese verandering
Wat is Maak ’n Kopskuif?
Maak ’n Kopskuif nooi mense uit om anders te begin dink, anders te begin kyk en anders te begin leef, omdat die manier waarop ons dink ’n kragtige invloed het op hoe ons onsself sien, die keuses wat ons maak en hoe ons ons lewe leef.
Die boodskap kyk na die mens as ’n geheel, liggaam, siel en gees, en wys hoe ’n verandering in die manier waarop ons dink, die res van ons lewe positief kan beïnvloed.
Fokus
- Gedagtewêreld
- Denkwyse
- Persoonlike groei
- Praktiese verandering
DIE HART AGTER MAAK ’N KOPSKUIF
Het jy al ooit gewonder hoeveel invloed dit wat in jou kop aangaan, op jou lewe het?
Ons dink elke dag oor ’n duisend dinge. Oor werk, geld, verhoudings, verantwoordelikhede, die toekoms en alles wat ons probeer bymekaar hou. Maar het jy al ooit stilgestaan by hoe jou gedagtes jou laat voel, hoe jy reageer en watter invloed dit uiteindelik op jou gesondheid en lewenskwaliteit het?
Die waarheid is, your mind can be your worst enemy! Ons kan so maklik vasgevang raak in negatiewe denkpatrone, bekommernis, stres en oortuigings wat ons terughou, sonder dat ons besef hoeveel energie dit ons kos. En wat in ons gedagtes aangaan, kan nie net ons emosionele welstand beïnvloed nie, maar ook ons liggaamlike gesondheid en die manier waarop ons die lewe ervaar.
My hart met Maak ’n Kopskuif is om mense te help verstaan hoe liggaam, siel en gees met mekaar verband hou, en hoe die manier waarop ons dink, ’n belangrike rol in ons algehele welstand speel.
Deur herkenbare stories, humor, geloof en praktiese insigte ontdek ons hoe ons denkpatrone ons beïnvloed, hoe ons anders na uitdagings kan kyk en hoe ons meer bewustelik kan kies om te dink en te leef.
My geloof is deel van hierdie boodskap. Romeine 12:2 herinner ons aan die vernuwing van ons denke. Ek glo dat wanneer ons ons denke begin vernuwe, ook in die lig van God se waarheid, ons nuwe perspektief kan kry op onsself, ons omstandighede en die manier waarop ons vorentoe beweeg.
Want soms is die kopskuif wat jy nodig het nie om jou hele lewe om te gooi nie, maar om te verstaan wat in jou gedagtes aangaan en hoe jy van daar af anders kan begin leef.
’n Klein kopskuif kan die begin wees van ’n groot verandering in hoe jy voel, leef en jou lewe ervaar!
WAT JY TYDENS HIERDIE PRAATJIE ERVAAR
Maak ’n Kopskuif is ’n positiewe, geloofsgegronde en praktiese praatjie oor holistiese welstand, die krag van ons gedagtes en hoe ons ingesteldheid ons lewenskwaliteit kan beïnvloed. Met humor, herkenbare voorbeelde en toepasbare insigte word jy uitgedaag om opnuut na jou denke, jou gewoontes en jou algehele welstand te kyk.
✓ ’n Beter begrip van die verband tussen liggaam, siel en gees
✓ Insig in hoe jou denkpatrone jou emosies, gedrag en lewenskwaliteit beïnvloed
✓ Bewustheid van hoe aanhoudende stres en bekommernis jou liggaamlike welstand kan raak
✓ Praktiese maniere om beperkende denkpatrone te herken en nuwe perspektiewe te ontwikkel
✓ Die rol van geloof en die vernuwing van jou denke in jou alledaagse lewe
✓ Vars inspirasie en praktiese hulpmiddels om met groter bewustheid en ’n positiewe ingesteldheid vorentoe te beweeg
OOK AS WERKSWINKEL
Afgesien van haar praatjies, bied Magda ook praktiese en interaktiewe werkswinkels aan wat deelnemers help om die boodskap verder as net die geleentheid te neem.
’n Werkswinkelreeks wat fokus op die gedagtewêreld, perspektief, persoonlike groei en praktiese verandering.
Werkswinkels kan aangepas word volgens die ouderdom, gehoor, doel en tydsduur van die geleentheid.
BESPREEK MAAK ’N KOPSKUIF
Elke bespreking word volgens die tipe geleentheid, formaat, ligging, duur en spesifieke behoeftes bespreek en gekwoteer.
ANDER PRAATJIES & ERVARINGS
Bespreek Magda
Bespreek Magda vir jou geleentheid
Elke praatjie kan aangepas word volgens die geleentheid, gehoor en doel van die organiseerder.



