Praatjie • Werkswinkel

Becoming Her Again

Lewensseisoene • Identiteit • Geloof • Nuwe seisoene

BESPREEK BECOMING HER AGAINPRAATJIES & WERKSWINKELS

Becoming Her Again

Wat is Becoming Her Again?

Becoming Her Again is ’n boodskap vir vroue wat deur verskillende seisoene van die lewe beweeg en dalk besef dat hulle onderweg dele van hulself verloor of agtergelaat het.

Die boodskap help vroue om hul identiteit te herontdek, hul krone reg te skuif en met nuwe selfvertroue hul volgende seisoen binne te stap,nie om terug te gaan na wie hulle was nie, maar om te word wie hulle altyd bedoel was om te wees.

Fokus

DIE HART AGTER BECOMING HER AGAIN

Die lewe gebeur. En soms verander ons saam met dit, sonder dat ons altyd besef hoeveel ons self verander het.

Ons gaan deur verskillende seisoene. Jong meisies word vrouens, vrouens trou en word ma’s, en so verander ons seisoene soos ons deur die lewe gaan, met verantwoordelikhede, ons bou verhoudings, volg drome en probeer ons bes om alles bymekaar te hou. En iewers tussen alles wat die lewe van ons vra, gebeur dit soms dat ons so besig raak met alles en almal rondom ons, dat ons vergeet om by onsself in te loer.

Tot ons op ’n dag wonder: “Maar wie is ek nou eintlik? En wat wil ek hê vir hierdie volgende fase van my lewe?”

Dalk is jy ná ’n egskeiding besig om jou voete te vind. Dalk het jou kinders grootgeword, het jou werk verander, of het jy ’n nuwe lewensfase betree. Of dalk voel jy net dat die vrou wat jy vandag is, nie meer heeltemal dieselfde is as die vrou wat jy ’n paar jaar gelede was nie.

En dis okay... Want ons hou nie op groei en verander net omdat ons ’n sekere ouderdom bereik het nie.

My hart met Becoming Her Again is om vroue te help om weer na hulself te kyk, te ontdek wie hulle vandag is en raak te sien dat daar steeds soveel moontlikhede voorlê!

Jy hoef nie terug te gaan na wie jy was nie. Jy kan ontdek wie jy nou is en met nuwe moed vorentoe beweeg.

Want jou storie is nog nie klaar geskryf nie.

WAT VROUE TYDENS HIERDIE SESSIES ERVAAR

Becoming Her Again-sessies is eerlike, praktiese en bemoedigende gesprekke oor die dinge waardeur ons as vroue gaan, die vrae waarmee ons soms worstel en die veranderinge wat die lewe oor ons pad bring.

Ek deel herkenbare stories, nuwe perspektiewe en praktiese insigte wat jou help om anders na jouself en jou huidige seisoen te kyk.

✓ ’n Nuwe perspektief op die seisoen waarin jy jou bevind
✓ ’n Beter begrip van wie jy vandag is en wat vir jou belangrik is
✓ Vars moed en selfvertroue om verandering te hanteer
✓ Die geleentheid om ou gedagtes en oortuigings opnuut te bekyk
✓ Praktiese insigte wat jy in jou eie lewe kan toepas
✓ Die besef dat daar steeds nuwe dinge is om te ontdek, te droom en na uit te sien

OOK AS WERKSWINKEL

Afgesien van haar praatjies, bied Magda ook praktiese en interaktiewe werkswinkels aan wat deelnemers help om die boodskap verder as net die geleentheid te neem.

’n Werkswinkelreeks vir vroue wat met nuwe perspektief hul huidige lewensseisoen wil aanpak.

Werkswinkels kan aangepas word volgens die ouderdom, gehoor, doel en tydsduur van die geleentheid.

BESPREEK AS WERKSWINKEL

BESPREEK BECOMING HER AGAIN

Elke bespreking word volgens die tipe geleentheid, formaat, ligging, duur en spesifieke behoeftes bespreek en gekwoteer.

Praatjie of werkswinkel?
Hou asb jou SPAM messages ook dop!

Dankie! Jou besprekingsnavraag is gestuur. Magda sal so gou moontlik terugkom na jou.

ANDER PRAATJIES & ERVARINGS

Bespreek Magda

Bespreek Magda vir jou geleentheid

Elke praatjie kan aangepas word volgens die geleentheid, gehoor en doel van die organiseerder.

BESPREEK MAGDA