Meer oor Magda

Meer oor Magda

Stigter van Maak ’n Kopskuif | Vroue- & Meisiebemagtigingspreker

BESPREEK MAGDA

Magda Calitz

Magda Calitz is die stigter van Maak ’n Kopskuif en ’n vroue- en meisiebemagtigingspreker wat vroue en jong meisies help om hul identiteit te herontdek, hul denkwyse te verander en te leef vanuit wie God hulle gemaak het.

Met ’n warm, energieke en persoonlike styl kombineer Magda geloof, humor, eerlikheid, stories en praktiese insigte om gehore te inspireer én toe te rus om die boodskap prakties in hul eie lewens toe te pas.

Haar groter visie is om ’n generasie van vroue en meisies te help bou wat mekaar opbou, versterk en positief beïnvloed — sodat die verandering wat by elke vrou begin, uiteindelik ’n generasie en die generasies wat volg kan beïnvloed.

KERNBOODSKAP

Magda se boodskap herinner vroue en jong meisies daaraan om te onthou wie hulle is, hul identiteit te herontdek en hul krone weer reg te skuif, selfs wanneer die lewe hulle laat vergeet het.

Sy bring ’n boodskap van identiteit, geloof, selfvertroue, denkwyse en persoonlike verandering, met die visie om ’n generasie van vroue en meisies te help bou wat mekaar versterk, opbou en positief beïnvloed.

“Skuif jou kroon reg. Onthou wie jy is. Leef dit uit. En help ’n ander vrou om hare ook reg te skuif.”
Magda Calitz

DIE GROTER VISIE

Magda glo elke vrou dra ongelooflike waarde.

Maar soms raak die lewe besig.
Ons dra baie verantwoordelikhede.
Ons probeer sterk wees vir almal rondom ons.
En soms vergeet ons vir 'n oomblik wie ons werklik is.

Haar hart is om vroue te help om weer hul waarde, identiteit en doel raak te sien. Wanneer ’n vrou haar identiteit herontdek, haar kroon regskuif en begin leef vanuit wie God haar gemaak het, verander dit nie net haar eie lewe nie, dit kan haar huis, huwelik, kinders, gemeenskap en uiteindelik die generasies wat kom beïnvloed.

Berader | NLP Coach

Magda se agtergrond, persoonlike ervaring en kennis vorm die grondslag van haar boodskap en roeping.

Sy bring ’n unieke kombinasie van persoonlike ervaring, geloof, kennis en ’n diep passie vir vroue en meisies na elke geleentheid.

MY STORIE

Ek is Magda Calitz.
Vrou, ma, spreker en die stigter van Maak ’n Kopskuif.

Ek glo elke vrou het ’n unieke stem, waarde en doel, en soms het ons net ’n klein kopskuif nodig om dit weer raak te sien.

Maar soms raak die lewe so besig dat ons begin vergeet wie ons is. Ons raak vasgevang in die rolle wat ons speel, die verwagtinge van ander en alles wat ons dink ons móét wees. En sonder dat ons dit besef, begin ons onsself al hoe meer deur ander se oë sien.

En soms is dit tyd vir ’n Kopskuif.

My eie reis

My eie reis het my geleer dat ’n mens se denke meer kragtig is as wat jy besef. En dat die manier waarop jy na jouself, jou omstandighede en jou toekoms kyk, ’n groot verskil kan maak.

Ek het self geleer dat jy nie altyd alles in jou lewe hoef te verander om iets nuuts te ervaar nie. Soms begin verandering met ’n nuwe gedagte.
’n Nuwe perspektief.
’n Besluit om anders na iets te kyk.

Dit was die begin van Maak ’n Kopskuif.

BESPREEK MAGDA