Praatjie • Werkswinkel
Skuif Jou Kroon Reg
Identiteit • Geloof • Selfvertroue • Invloed
Wat is Skuif Jou Kroon Reg?
Skuif Jou Kroon Reg is ’n bemagtigingsboodskap wat vroue herinner aan wie hulle is, wie God hulle gemaak het en wat gebeur wanneer hulle weer vanuit daardie identiteit begin leef.
Dit help vroue om hul identiteit en selfvertroue te versterk, hul denkwyse te verander en hul kroon weer reg te skuif, nie net vir hulleself nie, maar sodat hulle ook ’n positiewe invloed in hul huis, verhoudings, werk, gemeenskap en die lewens van ander vroue kan wees.
Kernfokus
- Identiteit
- Geloof
- Selfvertroue
- Denkwyse
- Invloed
- Generasie-impak
DIE HART AGTER SKUIF JOU KROON REG
Skuif Jou Kroon Reg is nie net ’n boodskap nie. Dit is ’n herinnering.
’n Herinnering dat elke vrou reeds waardevol is. Dat sy nie deur haar omstandighede, haar verlede of die stemme rondom haar gedefinieer word nie. En dat haar identiteit nie verlore gaan wanneer die lewe uitdagend raak nie.
Ek glo elke vrou dra ’n kroon. Partykeer skuif die lewe dit skeef. Partykeer verloor sy vir ’n oomblik perspektief. Maar dit beteken nooit dat sy haar waarde verloor het nie.
My hart is om vroue te help onthou wie hulle is, sodat hulle weer met geloof, hoop en selfvertroue hul plek kan inneem.
WAT VROUE TYDENS HIERDIE SESSIES ERVAAR
My styl is warm, eg, opbouend en prakties. Ek deel eerlike en relatable stories oor vrouwees, identiteit, groei en die uitdagings wat ons almal op verskillende maniere beleef.
My doel is nie bloot om vroue vir ’n oomblik geïnspireerd te laat voel nie. My doel is om hulle te help om anders oor hulself, hul omstandighede en hul toekoms te dink.
Vroue stap nie net geïnspireerd uit nie. Hulle stap uit met ’n ligter hart, nuwe moed en ’n hernude besef van wie hulle is.
✓ Nuwe hoop vir hul huidige seisoen
✓ ’n Vars perspektief op hul identiteit
✓ Nuwe selfvertroue en innerlike vrede
✓ Herinnering van hul waarde en doel
✓ Praktiese bemoediging vir die alledaagse lewe
✓ Nuwe energie om vorentoe te beweeg
OOK AS WERKSWINKEL
Afgesien van haar praatjies, bied Magda ook praktiese en interaktiewe werkswinkels aan wat deelnemers help om die boodskap verder as net die geleentheid te neem.
’n Werkswinkelreeks rondom identiteit, geloof, selfwaarde, selfvertroue en invloed.
Werkswinkels kan aangepas word volgens die ouderdom, gehoor, doel en tydsduur van die geleentheid.
BESPREEK SKUIF JOU KROON REG
Elke bespreking word volgens die tipe geleentheid, formaat, ligging, duur en spesifieke behoeftes bespreek en gekwoteer.
ANDER PRAATJIES & ERVARINGS
Bespreek Magda
Bespreek Magda vir jou geleentheid
Elke praatjie kan aangepas word volgens die geleentheid, gehoor en doel van die organiseerder.



