



.png)


Liggaam, Siel en Gees –
dis wat ons saam kan bereik
By Maak ’n Kopskuif glo ek dat ware verandering begin wanneer jou liggaam, siel en gees saam in balans kom.
Dis wanneer jy nie net oorleef nie, maar regtig begin lééf – met lig, vrede en nuwe energie. ✨
Saam gaan ons ontdek wat jou liggaam vir jou probeer sê, watter boodskappe jou emosies dra, en hoe jou gees jou weer kan vul met hoop en krag.
Ek stap langs jou om:
💫 jou liggaam te help ontspan, genees en weer sterk voel,
💫 jou siel sag te maak deur liefde, aanvaarding en vergifnis,
💫 en jou gees te laat herleef met geloof, dankbaarheid en doel.
Dis nie ’n kitsreis nie – dis ’n hartreis. En elke klein skuif bring jou nader aan wie jy werklik is.
Wanneer liggaam, siel en gees begin saamwerk, gebeur iets besonders… jy voel weer heel, vry en vol lewe.

Action Required! Connect your PayPal Account
Ontmoet Magda Calitz
Jou vennoot in persoonlike groei en transformasie
Hallo, ek is Magda, die stigter van Maak ʼn Kopskuif. Ek kom oorspronklik van Bloemfontein en bly nou in Kempton Park. Ek is baie gelukkig getroud en het 2 kinders.
My lewensroeping is om mense te help ontdek hoe gedagtes en emosies direk hul welstand beïnvloed, want 87% van jou emosies manifesteer as simptome in jou liggaam. Wanneer ons leer om ons denke en emosies gesond te bestuur, begin genesing van binne af plaasvind.
Met kwalifikasies as NLP, Pastoraal & Holistiese Berader, kombineer ek geestelike insig met praktiese, holistiese tegnieke om mense te help om balans, vrede en doel in hul lewe te vind. My benadering is sag, eerlik en doelgerig, gefokus daarop om jou te help verstaan watter boodskappe jou liggaam, emosies en denke aan jou stuur. By Maak ʼn Kopskuif skep ek ʼn veilige ruimte waar jy kan groei, genees en jou eie innerlike krag ontdek.
Ek glo vas dat wanneer ʼn mens jou denke verander, jy jou wêreld verander. Hierdie geloof lê in die hart van alles wat ek doen, of dit nou deur Werkswinkels, Praatjies, Aanlyn Kursusse of Kampe is.
In my vrye tyd geniet ek tyd saam met my familie, die natuur en lees, omdat ek glo dat ware balans begin by eenvoudige, vreugdevolle oomblikke van teenwoordigheid.
By Maak ʼn Kopskuif gaan dit nie net oor verandering nie, dit gaan oor innerlike transformasie wat jou hele lewe positief beïnvloed!


Wat kursusgangers ervaar het:
Ek was bevoorreg om deel te kon wees van Kopskuif. Glo my, as jy hierdie jaar nog niks vir jouself gedoen het nie, dan is die tyd nou reg.
My denke is verander, my negatiwiteit, my wil om elkedag aan te pak. Hierdie workshops is beter as om 'n Spa behandeling vir jou liggaam te kry. Jou siel, gees en wese in totaal gaan weer sinmaak!
Dankie Magda, vir jou insae en deel van kennis in my lewe. Kom dames, manne spandeer bietjie tyd aan jou eie mens opbou!
Jy verdien dit!
- Nicky Feast
Baie dankie vir die kragtige en inspirerende werkswinkel.
Magda is ontsettend kundig op die gebied en het tyd geneem om konsepte uit te lig op maniere wat maklik verstaanbaar is.
Ek kan nie wag vr di volgende Kopskuif nie!!!
- Suzanne
van der Merwe
Dit was 'n ongelooflike ervaring wat ek vir altyd sal koester.
Magda het met soveel insig, deernis en eerlikheid gepraat, en haar woorde het 'n diep impak op my menswees gehaad. Dit het my nie net gehelp om my perspektief te skuif nie, maar my ook toegerus met praktiese maniere om anders te dink oor die lewe, uitdagings en hoe ek myself sien.
Dit het my laat besef hoe kragtig en bevrydend dit is om jou denke te vernuwe en jou fokus te verander.
Ek beveel dit wat Magda doen, met my hele hart aan. Kopskuif is presies wat die naam se, dit help jou om jou kop reg te skuif, en in daardie proses verander jou hele menswees ook.
Baie dankie Magda, vir jou stem, jou wysheid en jou hart. Dit was 'n blessing!!!
- Chane Feast


