top of page

MY STORIE

Die hart agter Maak 'n Kopskuif

Ek is Magda Calitz.

Vrou, Ma, Spreker en iemand met 'n diep liefde vir vroue en die ongelooflike invloed wat hulle op die wêreld rondom hulle het.

Ek glo elke vrou dra iets besonders.

'n Stem.

'n Gawe.

'n Doel.

'n Invloed wat groter is as wat sy dalk self besef.

Maar soms raak die lewe besig.

Ons dra verantwoordelikhede.

Ons probeer sterk wees vir almal rondom ons.

En sonder dat ons dit besef, begin ons vergeet wie ons werklik is. Dit is presies waar my passie begin.

Om vroue te help onthou.

Om weer deur die regte lens na hulself te kyk.

Om hul identiteit, waarde en doel raak te sien.

My eie reis

Deur my eie reis het ek geleer hoe kragtig ons denke en perspektief werklik is. Die manier waarop ons dink, beïnvloed die manier waarop ons leef. Die stories wat ons glo, beïnvloed die keuses wat ons maak. En wanneer ons leer om anders te dink, begin ons anders leef.

Dit was die begin van Maak 'n Kopskuif.

Want soms verander alles nie wanneer jou omstandighede verander nie...

Soms verander alles wanneer jou perspektief verander.

'n Nuwe gedagte.

'n Nuwe waarheid.

'n Nuwe kopskuif.

Wat is Maak 'n Kopskuif?

'n Boodskap van hoop, identiteit en transformasie

Maak 'n Kopskuif gaan oor die oomblikke waar ons kies om anders te kyk.

Na onsself.

Na ons omstandighede.

Na ons toekoms.

Dit gaan daaroor om beperkende denke te herken, nuwe perspektief te ontdek en weer met geloof, hoop en doel vorentoe te beweeg.

Want wanneer jou denke verander, begin jou wêreld anders lyk.

cd7b3e07-8006-4f26-9c20-a5c423c55fb4.jfif
Magda logo.png
ba171ac7-bef7-4126-a854-1cca2f993f7c_edi

Ons Dienste

Boodskappe van identiteit,
hoop en transformasie

Deur inspirerende praatjies, geleenthede en werkswinkels help ek vroue en meisies om hul identiteit te herontdek, hul waarde raak te sien en met nuwe hoop, geloof en selfvertroue vorentoe te beweeg.

Elke sessie word met liefde aangepas volgens julle gehoor, tema en behoefte

🎤 Vroue Praatjies & Motiverende Toesprake

Vir:

  • Vroue-oggende

  • Dameskonferensies

  • Vrouekampe

  • Kerkvrouebedienings

  • Vrouedaggeleenthede

  • Spesiale vrouegeleenthede

Onderwerpe kan insluit:

👑 Skuif Jou Kroon Reg
🧠 Die Krag van 'n Kopskuif
💛 Ontdek Wie Jy Is
🌱 Groei deur Elke Seisoen
✨ Wanneer 'n Vrou Opstaan
🙏 Identiteit, Geloof & Doel

Praatjies vir Meisies & Skole

Vandag se meisies groei op in 'n wêreld vol vergelyking, druk en verwagtings.

My hart is om meisies te help om vroeg reeds te ontdek: "Ek hoef nie iemand anders te wees om waardevol te wees nie."

Onderwerpe:

✓ Selfbeeld
✓ Identiteit
✓ Sosiale media
✓ Vergelyking
✓ Vriendskappe
✓ Selfrespek
✓ Veerkragtigheid
✓ Drome & Doel

Ideaal vir:

  • Hoërskole

  • Jeugbyeenkomste

  • Ma & Dogter-geleenthede

Spesiale Geleenthede

Ek werk saam met organisasies om betekenisvolle ervarings te skep waar vroue:

  • kan connect

  • bemoedig word

  • nuwe perspektief kry

  • herinner word aan hul waarde

bottom of page