Meer oor Maak 'n Kopskuif
Ware Genesing en Groei Begin met 'n Verandering in denke
By Maak ʼn Kopskuif glo ons dat ware genesing en groei begin met ʼn verandering in denke, ʼn bewuste skuif in hoe ons onsself, ons emosies en ons omgewing beleef. Jou gedagtes vorm jou werklikheid, en wanneer jy leer om dit te verstaan en te bestuur, kan jy jou lewe transformeer.
Ons filosofie is eenvoudig, maar kragtig:
87% van jou emosies manifesteer as simptome in jou liggaam. Wanneer jy begin luister na wat jou liggaam en hart vir jou probeer sê, ontdek jy dat emosionele genesing en fisieke gesondheid hand aan hand loop.
By Maak ʼn Kopskuif is ons missie om mense te help om hierdie bewussyn te ontwikkel, om
-
negatiewe patrone te herken
-
beperkende oortuigings los te laat en
-
nuwe maniere van dink en leef te omhels
Ons skep ’n veilige, ondersteunende ruimte waar jy jou eie pad na innerlike vrede, balans en vervulling kan vind.
Ons gebruik ’n holistiese benadering wat liggaam, gees en emosie integreer, geïnspireer deur beginsels uit NLP, Pastoraal en Holistiese Berading. Deur hierdie kombinasie help ons jou om te verstaan hoe jou denke jou liggaam beïnvloed, en hoe jy deur bewuste verandering werklik kan genees.
By Maak ʼn Kopskuif glo ons dat verandering moontlik is vir elke mens. Wanneer jy jou denke verander, verander jy jou wêreld!

Ons Dienste
By Maak ʼn Kopskuif glo ons dat ware groei plaasvind wanneer mense geïnspireer, toegerus en bemagtig word om hul denke te verander. Daarom fokus ons op dinamiese en praktiese Werkswinkels en Praatjies wat lig werp op die kragtige konneksie tussen denke, emosie en liggaam.
🌿 Werkswinkels
Ons bied Lewensveranderende werkswinkels aan by verskeie venues regoor Suid-Afrika. Elke sessie is ontwerp om jou te help verstaan hoe jou denke en emosies jou lewe beïnvloed, want 87% van jou emosies manifesteer as simptome in jou liggaam.
Hierdie werkswinkels is ideaal vir individue, groepe of organisasies wat wil leer om:
-
gesonder denkpatrone te ontwikkel,
-
innerlike vrede en balans te vind,
-
en met groter selfinsig en doelgerigtheid te leef.
💻 Aanlyn Werkswinkels
Vir almal wat verkies om vanuit die gemak van hul eie ruimte te leer, bied ons ook Interaktiewe Aanlyn Werkswinkels aan. Hierdie sessies is prakties, inspirerend en toeganklik vir deelnemers oral in die wêreld.
Deur Holistiese Berading, Pastorale Beginsels en NLP-tegnieke, help ons deelnemers om denke, emosie en gees in balans te bring — ’n ware kopskuif vir die lewe!
🎤 Praatjies en Motiverende Toesprake
Magda bied ook kragtige en motiverende Praatjies aan by:
-
Kerke en Geloofsorganisasies
-
skole en Jeuggroepe
-
Besighede en Spanontwikkelingsgeleenthede
-
Gemeenskapsfunksies en Konferensies
Hierdie sessies fokus op temas soos:
-
Emosionele welstand, bewuste denke,
-
genesing van binne af,
-
en hoe om jou eie lewe positief te beïnvloed deur jou manier van dink te verander.
Elke praatjie is uniek aangepas volgens die gehoor en konteks.
By Maak ʼn Kopskuif bring ons ’n boodskap van hoop, bewustheid en transformasie. Ons glo dat wanneer jy leer om jou denke te verander, jy jou hele wêreld kan verander!




%20(8).png)